As jy haar lyf begeer, moet jy een ding weet
Ja die mooiste roos se dorings maak ook seer.
Geen whiskey sal jou kan sterker maak
Teen 'n leeu, wyfie se wraak.
Dit was 'n koue aand, in die ou-Vrystaat
Toe ek haar by die ou-raad saal gewaak.
Dit was 'n jollige nag, ons kon dans ons kon lag
Ek was blind teen Eva se gewag.
En as die bloed-rivier weer begin te bloei
En as Rageltjie de Beer teen die winterwinde stoei
As Wolraad Woltemade weer sy perd opgesaal het
Sal ek weer terugkeer na jou toe
Sal ek weer terugkeer na jou.
Die gees het hoog geloop, jou woorde soet soos stroop
Jy het my verleideling ja soos 'n droom.
Toe ek wakker word, in jou huis op die grond
Begin my kop te klop want ek weet "Hier kom strond!"
En as die bloed-rivier weer begin te bloei
En as Rageltjie de Beer teen die winterwinde stoei
As Wolraad Woltemade weer sy perd opgesaal het
Sal ek weer terugkeer na jou toe
Sal ek weer terugkeer na jou.
En as Van Riebeeck weer sy voete in die Kaap sit,
Of ek die Kruger-miljoen hier erens op my plaas vind,
As Van Hings en die duiwel hulle stryd blus