In vuur en bloed vind ek my nou
Soos elke boer en kind en vrou
‘n Oormag kwyt nou oor ons land
Staan gewapen tot die tand
Sy skadu val ‘n donker wolk
Oor die toekoms van ons volk
En veg ons nie sal ons verdwyn
By Magersfontein, by Magersfontein, by Magersfontein
Trek ons die lyn.
Kom boere krygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die Vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur
Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
Maar as jy skiet, skiet my deur
Maar as jy skiet, skiet my deur my Afrikaner
hart
As jy my vra sal ek jou sê
Hoë deep my hart se wortels lê
As jy my vra sal ek jou wys
Dis my grond hier in my vuis
Kom boere krygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die Vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur
Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
Maar as jy skiet, skiet my deur
Maar as jy skiet, skiet my deur my Afrikaner hart
Al breek die hel agter ons los
En al stort die hemel neer
Hou die lyn en staan jou man
Dis hier waar ons hul kan keer
Staan vas Suid-Afrika
Staan vas Suid-Afrika
Kom boere krygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die Vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur
Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
Maar as jy skiet, skiet my deur
Maar as jy skiet, skiet my deur my Afrikaner hart